Dis is slegs een van die handjievol dae wat ons al voor 5uur op is, of laat ek liewer sê, van ons is al voor 5 op. Frikkie het besluit om douvoordag al in die pad te val, ons pak 'n grondpad aan in die rigting van Torrabaai om na die versteende woud te gaan kyk. Ek en Marcel ry gou teen die berg op om die sonopkoms af te neem voor ons vertrek.
Teruggekom by die kamp kry ons die ander 2 nog vas aan die slaap in hulle tente! Ons jaag hulle op en kort voor lank is ons daar weg. Ons vind die versteende woud heel interessant en sien ook 'n hele paar welwitschias. Oppad terug stop Marcel ewe skielik, ek verwag die ergste en trek langs hom af. Gelukkig is daar niks verkeerd nie, inteendeel, hy het vorendag gekom met 'n ideale plan: neem 1 van die platgetrapte grensdraad pale en monteer dit aan die onderstel van jou motorfiets en whalah! Daar het ons nog 'n ryposisie bygekry en lyk soos wafferse 'n Harley Davidson 'gang'..JPG)
Net voor Outjo begin die wolke saampak en ons word lekker afgekoel deur 'n reenbuitjie. Wynand en Marcel eet Cheeseburgers by die vulstasie (cheeseburgers is goedkoper as gewone burgers...) en glo vas dat dit van die lekkerste burgers is wat hulle al geeet het. Opad Otjiwarongo toe trek ons eers af om ons sakke te waterproof en trek ons reenjasse aan. Dit lyk hoogs waarskynlik dat ons sopnat gaan reen! Water stroom langs die pad maar ons is gelukkig en kry net 'n natmaker. Ons sit ons tog voort na Otavi en ry verby menigde vlakvarke wat lans die pad staan. Hulle is nie gewoond aan die hoë klank van ons Gomotos nie en skrik elke keer as ons naby kom. Een pyl reg op my af maar swenk gelukkig uit na regs net voordat ek cabanossis van hom kan maak. Die weer dreig maar weer is ons gelukkig om die grootste storm mis te ry.
In Otavi bel Frikkie die Kriel familie, ons ken hulle nie van 'n kant af nie maar hulle het goedhartiglik ingestem om ons oor kersfees te huisves op hulle plot net buite die dorp. Ons ontmoet ook uiters vreemde Amerikaners van Origan wat my aan die Armish mense laat dink. Hulle geografiese kennis is weglaatbaar klein, hulle weet nie waar Johannesburg is nie en nog minder Suid Afrika, wonder of hulle 'n idee het waar hulle hulself tans bevind. Twee van hulle eet rou mielies wat hulle pas by 'n smous gekoop het...
Toe ons ophou lag ry ons weer verder, verby Baken na Grootfontein. Die keer is ons egter nie so gelukkig met die reen nie en reen sopnat. Ek en Marcel trek af net so voor skemer toe die son onderdeur die wolke breek. Meteens sien ons 'n reuse, vol reenboog met nog 'n reenboog reg agter hom. Die reen bedaar (of skep asem) ook vir 'n oomblik en ons stop en neem fotos.
.JPG)
Die Kriels se plot is ongeveer 7km voor Grootfontein en hulle het ons laat weet dat ons moet uitkyk vir 'n kombi aan die regterkant van die pad - hulle wag sowaar vir ons om vir ons die pad aan te dui! Hulle bly in die dorp maar het onlangs hierdie plot (Plot in Namibie = plaas in Suid Afrika) gekoop waarop hulle met uithourit perde teel. Hulle maak seker ons is tuis voor hulle weer groet. Ons eet gou weer ietsie (ja, 2minute noodles en tuna...), trek droog aan en gaan slaap. Wat 'n dag!
Teruggekom by die kamp kry ons die ander 2 nog vas aan die slaap in hulle tente! Ons jaag hulle op en kort voor lank is ons daar weg. Ons vind die versteende woud heel interessant en sien ook 'n hele paar welwitschias. Oppad terug stop Marcel ewe skielik, ek verwag die ergste en trek langs hom af. Gelukkig is daar niks verkeerd nie, inteendeel, hy het vorendag gekom met 'n ideale plan: neem 1 van die platgetrapte grensdraad pale en monteer dit aan die onderstel van jou motorfiets en whalah! Daar het ons nog 'n ryposisie bygekry en lyk soos wafferse 'n Harley Davidson 'gang'.
Net voor Outjo begin die wolke saampak en ons word lekker afgekoel deur 'n reenbuitjie. Wynand en Marcel eet Cheeseburgers by die vulstasie (cheeseburgers is goedkoper as gewone burgers...) en glo vas dat dit van die lekkerste burgers is wat hulle al geeet het. Opad Otjiwarongo toe trek ons eers af om ons sakke te waterproof en trek ons reenjasse aan. Dit lyk hoogs waarskynlik dat ons sopnat gaan reen! Water stroom langs die pad maar ons is gelukkig en kry net 'n natmaker. Ons sit ons tog voort na Otavi en ry verby menigde vlakvarke wat lans die pad staan. Hulle is nie gewoond aan die hoë klank van ons Gomotos nie en skrik elke keer as ons naby kom. Een pyl reg op my af maar swenk gelukkig uit na regs net voordat ek cabanossis van hom kan maak. Die weer dreig maar weer is ons gelukkig om die grootste storm mis te ry.
In Otavi bel Frikkie die Kriel familie, ons ken hulle nie van 'n kant af nie maar hulle het goedhartiglik ingestem om ons oor kersfees te huisves op hulle plot net buite die dorp. Ons ontmoet ook uiters vreemde Amerikaners van Origan wat my aan die Armish mense laat dink. Hulle geografiese kennis is weglaatbaar klein, hulle weet nie waar Johannesburg is nie en nog minder Suid Afrika, wonder of hulle 'n idee het waar hulle hulself tans bevind. Twee van hulle eet rou mielies wat hulle pas by 'n smous gekoop het...
Toe ons ophou lag ry ons weer verder, verby Baken na Grootfontein. Die keer is ons egter nie so gelukkig met die reen nie en reen sopnat. Ek en Marcel trek af net so voor skemer toe die son onderdeur die wolke breek. Meteens sien ons 'n reuse, vol reenboog met nog 'n reenboog reg agter hom. Die reen bedaar (of skep asem) ook vir 'n oomblik en ons stop en neem fotos.
Die Kriels se plot is ongeveer 7km voor Grootfontein en hulle het ons laat weet dat ons moet uitkyk vir 'n kombi aan die regterkant van die pad - hulle wag sowaar vir ons om vir ons die pad aan te dui! Hulle bly in die dorp maar het onlangs hierdie plot (Plot in Namibie = plaas in Suid Afrika) gekoop waarop hulle met uithourit perde teel. Hulle maak seker ons is tuis voor hulle weer groet. Ons eet gou weer ietsie (ja, 2minute noodles en tuna...), trek droog aan en gaan slaap. Wat 'n dag!

0 comments:
Post a Comment